DEUTERONOMIUM 20:17
DEUTERONOMIUM 20:17 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet niemand laat lewe nie, julle moet hulle almal doodmaak soos julle God die Here vir julle gesê het, die Hetiete en die Amoriete en die Kanaäniete en die Feresiete en die Hewiete en die Jebusiete.
DEUTERONOMIUM 20:17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar jy moet hulle heeltemal met die banvloek tref: die Hetiete en Amoriete, die Kanaäniete en Feresiete, die Hewiete en Jebusiete, soos die HERE jou God jou beveel het
DEUTERONOMIUM 20:17 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jy moet die Hetiete, Amoriete, Kanaäniete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete om die lewe bring as 'n banoffer aan die Here jou God soos Hy jou beveel het.
DEUTERONOMIUM 20:17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
maar jy moet hulle, soos die HERE jou God jou beveel het, volledig met die banvloek tref: die Hetiete, Amoriete, Kanaäniete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete.
DEUTERONOMIUM 20:17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar jy moet hulle met die banvloek tref; naamlik die Hetiete en die Amoriete, die Kanaäniete en die Feresiete, die Hewiete en die Jebusiete; soos die HERE jou God jou beveel het