DEUTERONOMIUM 18:20
DEUTERONOMIUM 18:20 Bybel vir almal (ABA)
Maar as 'n profeet dink hy mag iets sê wat Ek nie gesê het hy moet sê nie, dan moet daardie profeet sterf, ook as die profeet sê ander gode het hom gestuur om iets te sê.’
DEUTERONOMIUM 18:20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar die profeet wat so vermetel is om 'n woord in my Naam te spreek wat Ek hom nie beveel het om te spreek nie, of wat in die naam van ander gode spreek, dié profeet moet sterwe.
DEUTERONOMIUM 18:20 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Profeet wat hom dit aanmatig om in my Naam iets te sê wat Ek hom nie beveel het nie, moet sterf. Dit geld ook van 'n profeet wat in die naam van ander gode praat.’
DEUTERONOMIUM 18:20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar die profeet wat so vermetel is om 'n woord in my Naam te sê wat Ek hom nie beveel het om te sê nie, of wat in die naam van ander gode praat – daardie profeet moet sterf.’
DEUTERONOMIUM 18:20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar die profeet, wat vermetel is om 'n woord in my Naam te spreek wat Ek hom nie beveel het om te spreek nie, of wat in die naam van ander gode sal spreek, dié profeet sal ook sterwe.