DEUTERONOMIUM 17:16
DEUTERONOMIUM 17:16 Bybel vir almal (ABA)
“En die koning moenie baie perde wil hê nie, en hy mag nie die volk terugneem na die land Egipte om baie perde vir homself te kry nie. Die Here het gesê julle moenie weer op daardie pad gaan nie.
DEUTERONOMIUM 17:16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hy mag net nie vir hom baie perde aanskaf nie, en hy mag die volk nie na Egipte teruglei om baie perde aan te skaf nie, aangesien die HERE vir julle gesê het: Julle mag nooit meer teruggaan op hierdie pad nie.
DEUTERONOMIUM 17:16 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy mag nie baie perde aanhou nie en hy mag ook nie die volk na Egipte toe laat teruggaan om vir hulle baie perde aan te skaf nie. Die Here het vir julle gesê: ‘Julle mag nooit weer daarheen teruggaan nie.’
DEUTERONOMIUM 17:16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy mag net nie baie perde aanskaf nie en hy mag ook nie die volk na Egipte laat terugkeer met die doel om meer perde aan te skaf nie. Die HERE self het vir julle gesê, ‘Julle mag nooit weer op hierdie pad teruggaan nie.’
DEUTERONOMIUM 17:16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar hy mag vir hom geen perde vermeerder en die volk nie na Egipte laat terugkeer om perde te vermeerder nie