DEUTERONOMIUM 16:11
DEUTERONOMIUM 16:11 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet feesvier voor julle God die Here op die plek wat Hy sal kies sodat julle Hom daar kan aanbid, julle en julle kinders, en julle slawe en slavinne, en die vreemdelinge en weeskinders en weduwees wat by julle woon.
DEUTERONOMIUM 16:11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En jy moet vrolik wees voor die aangesig van die HERE jou God, jy en jou seun en jou dogter en jou slaaf en jou slavin en die Leviet wat in jou poorte is, en die vreemdeling en die wees en die weduwee wat by jou is, op die plek wat die HERE jou God sal uitkies om sy Naam daar te laat woon.
DEUTERONOMIUM 16:11 Afrikaans 1983 (AFR83)
In die plek wat die Here jou God sal kies om sy Naam daar te laat woon, moet jy bly wees in die teenwoordigheid van die Here jou God, jy en jou seuns en dogters, jou slawe en slavinne, die Leviete wat in jou omgewing woon, die vreemdelinge, die weeskinders en die weduwees by jou.
DEUTERONOMIUM 16:11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Jy moet bly wees voor die HERE jou God – jy, jou seuns en dogters, jou slawe en slavinne, die Leviete in jou dorpe, die •vreemdelinge en die vaderloses en weduwees by jou – op die plek wat die HERE jou God sal kies om sy Naam daar te vestig.
DEUTERONOMIUM 16:11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En jy moet vrolik wees voor die aangesig van die HERE jou God, jy en jou seun en jou dogter en jou dienskneg en jou diensmaagd en die Leviet wat in jou poorte is, en die vreemdeling en die wees en die weduwee wat onder julle is op die plek wat die HERE jou God uitgekies het om sy Naam daar te vestig.
DEUTERONOMIUM 16:11 Die Boodskap (DB)
Daar moet julle vrolik en bly wees in die teenwoordigheid van die Here. Jy en jou kinders, jou werkers, die Leviete van jou dorp en die mense van ander volke wat by jou bly. Ook die weeskind en weduwee moet saamkom en vrolik wees.
DEUTERONOMIUM 16:11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Dit is ’n tyd om vrolik te wees in die teenwoordigheid van die HERE jou God op die plek wat Hy sal kies waar sy Naam geëer sal word. Vier die fees saam met jou hele gesin, al jou slawe, die Leviete uit die dorpe, die vreemdelinge, weeskinders en weduwees wat by jou is.