DEUTERONOMIUM 12:9 - Compare All Versions

DEUTERONOMIUM 12:9 ABA (Bybel vir almal)

want julle het nog nie by julle woonplek gekom nie, die land wat julle God die Here vir julle gee.

DEUTERONOMIUM 12:9 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Want julle het nog nie gekom in die rusplek en in die erfenis wat die HERE jou God jou sal gee nie.

DEUTERONOMIUM 12:9 AFR83 (Afrikaans 1983)

want julle het nog nie gekom by die rusplek, die besitting wat die Here julle God vir julle sal gee nie.

DEUTERONOMIUM 12:9 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Want julle het nou nog nie by die rusplek en erfenis aangekom wat die HERE jou God vir jou gaan gee nie.

DEUTERONOMIUM 12:9 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Want julle het nog nie gekom by die rus en by die erfdeel wat die HERE julle God aan julle gee nie.

DEUTERONOMIUM 12:9 DB (Die Boodskap)

Dit het julle gedoen voordat julle die Beloofde Land binnegegaan het.

DEUTERONOMIUM 12:9 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

want tot nou toe het julle nog nie aangekom by die rusplek en erfdeel wat die HERE julle God aan julle gee nie.