DEUTERONOMIUM 12:21
DEUTERONOMIUM 12:21 Bybel vir almal (ABA)
Miskien is die plek ver van julle, die plek wat julle God die Here gekies het waar julle Hom moet aanbid. Dan mag julle van julle beeste of skape of bokke slag, maar julle moet dit doen soos ek vir julle gesê het. En dan mag julle daar by julle woonplekke die vleis eet wanneer julle wil.
DEUTERONOMIUM 12:21 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
As die plek wat die HERE jou God sal uitkies om sy Naam daar te vestig, ver van jou af is, dan mag jy van jou beeste en jou kleinvee slag wat die HERE jou gee, soos ek jou beveel het; en jy mag na hartelus in jou poorte eet.
DEUTERONOMIUM 12:21 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wanneer die plek wat die Here julle God sal kies om sy Naam daar te vestig, ver van julle af is, kan julle van die grootvee of die kleinvee wat die Here vir julle gegee het, slag soos ek julle beveel het en julle kan dit na hartelus geniet in die plek waar julle woon
DEUTERONOMIUM 12:21 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
As die plek wat die HERE jou God kies om sy Naam daar te vestig, te ver van jou af is, dan mag jy, soos ek jou beveel het, van die beeste en kleinvee slag wat die HERE vir jou gegee het. Jy mag in jou dorpe eet soveel as wat jou hart begeer.
DEUTERONOMIUM 12:21 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
As die plek wat die HERE jou God gekies het om sy Naam daar te vestig te ver van jou af is, moet jy van jou beeste en van jou kleinvee slag wat die HERE jou gegee het, soos Ek jou beveel het, en jy moet eet in jou poorte alles wat jou siel begeer.
DEUTERONOMIUM 12:21 Die Boodskap (DB)
En as die plek wat die Here gaan kies vir julle te ver is, kan julle maar van die skape en beeste slag wat die Here vir julle gegee het en by die huis eet.