DEUTERONOMIUM 12:15
DEUTERONOMIUM 12:15 Bybel vir almal (ABA)
“Maar wanneer julle honger is, dan mag julle van die diere slag wat die Here vir julle gegee het toe Hy julle geseën het oral waar julle woon. Mense wat rein is én mense wat onrein is, mag van die vleis eet soos hulle die vleis eet van 'n gasel of 'n takbok.
DEUTERONOMIUM 12:15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar na hartelus mag jy slag en vleis eet ooreenkomstig die seën van die HERE jou God wat Hy jou in al jou poorte gee; die onreine en die reine mag daarvan eet, soos van die gemsbok en die takbok.
DEUTERONOMIUM 12:15 Afrikaans 1983 (AFR83)
Vir kos mag julle egter op enige plek waar julle woon 'n dier slag en die vleis eet wat die Here julle God vir julle gee deurdat Hy julle voorspoedig maak. Of 'n persoon rein of onrein is, hy mag daarvan eet, ook van 'n ribbok of 'n takbok.
DEUTERONOMIUM 12:15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Jy mag wel slag soveel as waarvoor jy lus het, en vleis eet volgens die mate waarin die HERE jou God jou geseën het in al jou dorpe. •Onrein en rein persone mag dit eet, soos in die geval van 'n gasel en 'n rooitakbok.
DEUTERONOMIUM 12:15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar jy mag in al jou poorte vleis slag en eet wat jou siel ook al begeer, volgens die seën van die HERE jou God wat Hy jou gegee het; die hart.
DEUTERONOMIUM 12:15 Die Boodskap (DB)
Julle mag natuurlik oral diere slag en eet. Eet na hartelus soveel as wat die Here julle gegee het. Almal kan van die vleis eet soos ’n mens ’n takbok of ’n ribbok eet.