DEUTERONOMIUM 12:11
DEUTERONOMIUM 12:11 Bybel vir almal (ABA)
Dan sal julle God die Here 'n plek kies waar julle Hom moet aanbid. Julle moet alles na daardie plek bring, alles wat ek vir julle sê: julle brand-offers en ander offers, julle tiendes en julle presente, en die beste dinge wat julle vir die Here belowe het.
DEUTERONOMIUM 12:11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Dan moet julle na die plek wat die HERE julle God sal uitkies om sy Naam daar te laat woon, alles bring wat ek julle beveel: julle brandoffers en julle slagoffers, julle tiendes en die offergawe van julle hand en al julle keurgelofte-offers wat julle die HERE sal belowe.
DEUTERONOMIUM 12:11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daar is die plek wat die Here julle God sal kies om sy Naam daar te laat woon en daarheen moet julle al die offers bring soos ek julle beveel het: julle brandoffers en ander offers, julle tiendes en ander bydraes, en al die gelofteoffers wat julle aan die Here beloof het.
DEUTERONOMIUM 12:11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
dan moet dit gebeur op die plek wat die HERE julle God kies om daar sy Naam te vestig. Daarheen moet julle gaan met alles wat ek julle beveel: julle brandoffers en maaltydoffers, julle tiendes en wydingsgeskenke, asook al julle besondere gelofte-offers wat julle aan die HERE beloof.
DEUTERONOMIUM 12:11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Dan sal daar 'n plek wees wat die HERE jou God sal uitkies om sy Naam daar te laat woon; daarheen moet julle alles bring wat Ek julle beveel; julle brandoffers en julle slagoffers, julle tiendes en die hefoffer van julle hand en al julle uitsoekgeloftes wat julle aan die HERE beloof.