DEUTERONOMIUM 11:24
DEUTERONOMIUM 11:24 Bybel vir almal (ABA)
Elke plek waar julle sal kom, sal julle plek word, van die woestyn tot by die Libanon-berg, van die Eufraat-rivier tot by die see in die weste. Dit sal julle land word.
DEUTERONOMIUM 11:24 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Elke plek waar julle voetsool op trap, sal aan julle behoort; van die woestyn en die Líbanon, van die rivier, die Eufraatrivier, tot by die Westelike See sal julle grondgebied wees.
DEUTERONOMIUM 11:24 Afrikaans 1983 (AFR83)
Elke plek waar julle kom, sal julle s'n wees: van die woestyn in die suide af tot by Libanonberg in die noorde, van die rivier, die Eufraatrivier, in die ooste af tot by die see in die weste. Dit sal julle grense wees.
DEUTERONOMIUM 11:24 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Elke plek waar julle voetsole trap – aan julle sal dit behoort. Van die woestyn af tot by die Libanon en van die rivier af, die Eufraatrivier, tot by die see in die weste sal julle grondgebied wees.
DEUTERONOMIUM 11:24 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Elke plek waar julle voetsole op sal trap, sal julle s'n wees: van die woestyn en die Líbanon af, van die rivier af, die Eufraatrivier, tot by die uiterste see sal julle kusgebied wees.
DEUTERONOMIUM 11:24 Die Boodskap (DB)
Elke plek waar julle in die land rondstap, sal julle s’n word. Die hele gebied van die woestyn af tot by die Libanonberg in die noorde en van die Eufraatrivier in die ooste tot by die Middellandse See in die weste.