DEUTERONOMIUM 10:3-4 - Compare All Versions

DEUTERONOMIUM 10:3-4 ABA (Bybel vir almal)

“Ek het toe 'n kis gemaak van doringhout, en ek het twee plat klippe uitgekap soos die eerste twee klippe. Ek het toe teen die berg opgegaan. Ek het die twee plat klippe in my hande gedra. Die Here het dieselfde woorde op die plat klippe geskryf, dit was die tien gebooie wat die Here vir julle gegee het toe Hy gepraat het uit die vuur op die berg waar julle bymekaar was. Die Here het die plat klippe vir my gegee

DEUTERONOMIUM 10:3-4 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Toe het ek 'n ark van akasiahout gemaak en twee kliptafels soos die eerstes gekap en op die berg geklim met die twee tafels in my hand. En Hy het op die tafels, volgens die eerste skrif, die tien woorde geskrywe wat die HERE op die dag van die vergadering by die berg uit die vuur met julle gespreek het; en die HERE het dit aan my gegee.

DEUTERONOMIUM 10:3-4 AFR83 (Afrikaans 1983)

“Ek het die ark van doringhout gemaak en ek het twee plat klippe soos die voriges gekap. Toe het ek teen die berg uitgeklim met die twee plat klippe in my hand. Die Here het in dieselfde skrif as tevore die tien gebooie geskryf wat Hy op die berg, die dag toe die volk bymekaargekom het, uit die vuur uit vir julle gegee het. Daarna het Hy die twee plat klippe vir my gegee.

DEUTERONOMIUM 10:3-4 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

“ Ek het toe 'n kis van doringhout gemaak en twee kliptafels soos die eerstes uitgekap. Daarna het ek teen die berg opgegaan met die twee tafels by my. Die HERE het toe op die tafels, met dieselfde skrif as die vorige, die Tien Gebooie geskryf wat Hy op die berg uit die vuur vir julle aangekondig het, die dag van die byeenkoms. Die HERE het dit vir my gegee

DEUTERONOMIUM 10:3-4 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En ek het 'n ark van akasiahout gemaak en twee kliptafels gekap soos die eerstes en op die berg geklim met die twee tafels in my hand. En hy het op die tafels, volgens die eerste skrif, die tien gebooie geskrywe wat die HERE op die dag van die samekoms op die berg uit die vuur tot julle gespreek het; en die HERE het dit aan my gegee.

DEUTERONOMIUM 10:3-4 DB (Die Boodskap)

“Ek het die ark van akasiahout gemaak en twee stene soos die eerstes gekap. Bo-op die berg het die Here weer die tien spesiale voorskrifte neergeskryf net soos Hy dit destyds in die vuur by Horeb vir ons gesê het.

DEUTERONOMIUM 10:3-4 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

“Ek het toe ’n houtkis van akasiahout gemaak en ook twee plat klippe gekap, net soos die eerstes. Met die twee plat klippe het ek toe teen die berg opgeklim. Die HERE het weer die bepalings van die verbond, die Tien Gebooie, daarop geskryf en dit vir my gegee. Dit was dieselfde woorde wat die HERE op die berg vanuit die vuur vir julle gesê het toe julle onder die berg vergader het.