DEUTERONÓMIUM 10:3-4
DEUTERONÓMIUM 10:3-4 AFR53
Toe het ek 'n ark van akasiahout gemaak en twee kliptafels soos die eerstes gekap en op die berg geklim met die twee tafels in my hand. En Hy het op die tafels, volgens die eerste skrif, die tien woorde geskrywe wat die HERE op die dag van die vergadering by die berg uit die vuur met julle gespreek het; en die HERE het dit aan my gegee.

