DANIËL 9:15
DANIËL 9:15 Bybel vir almal (ABA)
“En nou, Here ons God, U het lank gelede u volk uit Egipte gebring toe U wonderwerke gedoen het. Daarom ken al die mense u Naam vandag nog. Maar ons het sonde gedoen, ons het verkeerd gedoen.
DANIËL 9:15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Nou dan, o Here onse God wat u volk uit Egipteland met 'n sterke hand uitgelei en vir U 'n Naam gemaak het soos dit vandag is, ons het gesondig, ons was goddeloos.
DANIËL 9:15 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Here ons God, U het u volk deur u groot mag uit Egipte gelei en daardeur u Naam groot gemaak soos dit vandag nog is. Maar ons het gesondig, ons het verkeerd gedoen.
DANIËL 9:15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ En nou, my Heer, ons God, U wat u volk uit Egipteland uitgelei het met 'n sterk hand en vir U 'n naam gemaak het soos dit vandag is – ons het gesondig, ons is skuldig.
DANIËL 9:15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En nou, HERE onse God, wat u volk uit Egipteland met 'n sterke hand uitgelei het en u 'n roem verwerf het soos dit vandag is; ons het gesondig, ons het goddeloos gehandel.