DANIËL 9:13
DANIËL 9:13 Bybel vir almal (ABA)
Moses het dit so geskryf in sy wette, en dit gaan baie sleg met ons. Maar ons het aangehou om verkeerd te doen en ons het vergeet dat U altyd reg is. Ons het nie gevra dat U weer goed moet wees vir ons nie, U, ons God die Here.
DANIËL 9:13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
soos in die wet van Moses geskrywe is — al hierdie onheil het oor ons gekom, en ons het die aangesig van die HERE onse God nie om genade gesmeek deur ons te bekeer van ons ongeregtighede en ag te gee op u waarheid nie.
DANIËL 9:13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Al hierdie onheil het oor ons gekom net soos dit geskryf staan in die wet van Moses; tog het ons, Here ons God, nie ons saak met U reggemaak deur ons van ons sonde te bekeer en in te sien dat U doen wat U sê nie.
DANIËL 9:13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Soos daar geskryf staan in die Wet van Moses, het al hierdie onheil oor ons gekom, maar ons het die guns van die HERE ons God nie gesoek deur van ons sondeskuld weg te draai en ag te slaan op u waarheid nie.
DANIËL 9:13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Soos geskrywe is in die wet van Moses, al hierdie onheil het oor ons gekom, maar ons het nie ons gebed voor die aangesig van die HERE onse God gedoen om ons van ons ongeregtighede af te bekeer en u waarheid te verstaan nie.