DANIËL 8:9
DANIËL 8:9 Bybel vir almal (ABA)
Uit een van hierdie horings het nog 'n horing begin groei. Die horing was eers klein, maar hy het baie groot geword na die suide en na die weste en na die pragtige land toe.
DANIËL 8:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En uit een van dié het 'n horing, eers klein, uitgekom, maar dit het baie groot geword na die suide en na die ooste en na die Pragtige Land toe.
DANIËL 8:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Uit een van die horings het daar 'n horing uitgekom wat eers onaansienlik was, maar toe buitengewoon magtig geword het na die suidekant, na die oostekant en na die pragtige stad se kant toe.
DANIËL 8:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Uit een van hulle het 'n enkele klein horing uitgekom, maar dit het uitermate groot gegroei na die suide, na die ooste en na die Sieraad.
DANIËL 8:9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En uit een van hulle het 'n horinkie voortgekom, wat baie groot geword het, na die suide en na die ooste en na die lieflike land.