DANIËL 8:5
DANIËL 8:5 Bybel vir almal (ABA)
Ek het gekyk, en toe kom daar 'n bok-ram uit die weste. Hy het baie vinnig oor al die lande gehardloop, hy het nie aan die grond geraak nie. Tussen sy oë was 'n lang horing.
DANIËL 8:5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Terwyl ek daarop ag gee, kom daar 'n bokram uit die weste aan oor die oppervlakte van die hele aarde, sonder om aan die grond te raak; en die bok het 'n aansienlike horing tussen sy oë gehad.
DANIËL 8:5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Terwyl ek nog hieraan aandag gee, kom daar uit die weste 'n bokram aan wat so vinnig oor die aarde beweeg dat hy nie grond raak nie. Dié bokram het 'n opvallende horing tussen sy oë gehad.
DANIËL 8:5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Terwyl ek nog daaroor nadink, kyk, toe kom 'n bokram uit die weste oor die oppervlak van die hele aarde aan, sonder om aan die grond te raak. Die bok het 'n opvallende horing tussen sy oë gehad.
DANIËL 8:5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En terwyl ek dit oorweeg het, kom daar 'n bok van die weste af op die hele aarde en het die grond nie aangeraak nie; en die bok het 'n merkwaardige horing tussen sy oë gehad.