DANIËL 8:11-12
DANIËL 8:11-12 Bybel vir almal (ABA)
Die horing het gedink hy is belangriker as God, die Hoof van die soldate van die hemel. Die horing het vir die priesters gesê hulle moenie elke dag vir God offers bring nie, en hy het die gewyde woonplek van God verwoes. Hy het gesê die priesters moenie die offers bring wat God gevra het nie, hulle moet ander offers bring. Die horing het gedoen wat hy wil.
DANIËL 8:11-12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Selfs tot by die Vors van die leër het dit groot geword, sodat die voortdurende offer Hom ontneem en sy heilige woning neergewerp is. En 'n leër is aan die horing oorgelewer in goddeloosheid saam met die voortdurende offer; en dit het die waarheid op die grond neergewerp en in sy optrede voorspoed gehad.
DANIËL 8:11-12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy het selfs die Hoof van daardie leërmag aangedurf deur die daaglikse offer aan Hom te verbied en sy heilige woning af te breek. 'n Sondige erediens is in die plek van die daaglikse offer ingestel en die ware godsdiens vertrap. Hierdie horing was voorspoedig in alles wat hy gedoen het.
DANIËL 8:11-12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die horing het hom selfs teen die Bevelvoerder van die leër verhef. Van Hom is die gereelde offer weerhou, en die plek van sy heiligdom is omvergewerp. Daar sal 'n ander offerdiens in die plek van die gereelde offer ingestel word as 'n daad van opstand. Hy sal die waarheid teen die grond gooi, en suksesvol wees in sy optrede.
DANIËL 8:11-12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ja, hy het homself groot gemaak tot die owerste van die leër, en deur hom is die daaglikse offer weggeneem, en die plek van sy heiligdom is neergewerp. En 'n leër is aan hom gegee teen die daaglikse offer weens oortreding, en dit het die waarheid op die grond neergegooi; en dit het geoefen en voorspoedig gegaan.
DANIËL 8:11-12 Die Boodskap (DB)
Hy het selfs die Aanvoerder van die hemelse weermag se gesag uitgedaag. Hy het die daaglikse offers wat vir Hom gebring is, verbied en sy tempel vernietig. In plaas daarvan dat die mense hulle daaglikse offers gebring het, het hulle verkies om in sonde te leef. Hulle het die wetboek van die Here onder hulle voete vertrap en leuens links en regs vertel. Alles wat hierdie horing aangepak het, was suksesvol.
DANIËL 8:11-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hy het selfs die Aanvoerder van die hemelse magte aangedurf. Hy het die gereelde offer wat vir God gebring word tot niet gemaak en sy tempel verwoes. Deur sy verkeerde optrede is die hemelse magte aan hom uitgelewer, die gereelde offer opgehef en die waarheid in die grond vertrap. Hy was voorspoedig in alles wat hy gedoen het.