DANIËL 5:21 - Compare All Versions
DANIËL 5:21 ABA (Bybel vir almal)
Hulle het vir Nebukadnesar weggejaag. Hy het soos 'n dier geword en hy het tussen die wildedonkies gaan woon. Hy moes gras eet soos 'n bees en die dou uit die lug het hom natgemaak. Nebukadnesar het daar gebly totdat hy geweet het dat dit God is wat besluit wie koning sal wees.
DANIËL 5:21 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
En hy is uit die mense verstoot, en sy hart het soos dié van die diere geword, en hy het saam met die wilde-esels gewoon; hulle het hom plante laat eet soos die beeste, en deur die dou van die hemel is sy liggaam natgemaak totdat hy erken het dat die allerhoogste God mag het oor die koningskap van die mens en daaroor kan aanstel wie Hy wil.
DANIËL 5:21 AFR83 (Afrikaans 1983)
Hy is uit die menslike samelewing uitgestoot en het soos die wilde diere geword; hy het saam met die wildedonkies gebly en moes gras eet soos beeste; hy is snags deur die dou van die hemel natgemaak. Hy moes erken dat die allerhoogste God mag het oor die koninkryke op aarde en daaroor aanstel wie Hy wil.
DANIËL 5:21 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy is verdryf, weg van mense af, en sy hart het soos dié van 'n dier geword. By die wilde donkies was sy woonplek. Hy is gras gevoer, soos vir beeste, en van die dou van die hemel het sy liggaam nat geword – totdat hy erken het dat die Allerhoogste God mag het oor 'n menslike koninkryk, en dat Hy daaroor aanstel wie Hy wil.
DANIËL 5:21 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hy is uit die mensekinders verdryf; en sy hart het geword soos die diere, en sy woning was by die wilde-esels; totdat hy geweet het dat die Allerhoogste God in die koninkryk van die mense heers, en dat Hy daaroor aanstel wie Hy wil.
DANIËL 5:21 DB (Die Boodskap)
Die menslike samelewing het hom verwerp en hy het soos ’n dier geword. Hy het saam met die wildedonkies gebly en gras geëet soos ’n bees. Hy het in die oop veld geslaap sonder enige beskerming teen die dou, totdat hy besef het dat die allerhoogste God in beheer is van al die koninkryke van die wêreld en dat Hy besluit wie regeer.
DANIËL 5:21 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Hy is van die mense af weggejaag en het soos ’n dier geword. Hy het tussen die wilde donkies gebly en gras geëet soos ’n bees. Die dou van die lug het op hom geval, totdat hy erken het dat God die Allerhoogste regeer oor die koninkryke van die wêreld en daaroor aanstel wie Hy wil.