DANIËL 11:8
DANIËL 11:8 Bybel vir almal (ABA)
Hy sal die beelde van hulle afgode wegvat na Egipte en ook al hulle mooi goed van silwer en goud. Hy sal 'n lang tyd nie weer oorlog maak teen die koning van die noorde nie.
DANIËL 11:8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
ja, ook hulle gode en hulle gegote beelde saam met hulle kosbare voorwerpe, silwer en goud, in gevangenskap na Egipte bring, en hy sal jare lank die koning van die Noorde met rus laat.
DANIËL 11:8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy sal ook hulle gode en hulle beelde met hulle skatte van silwer en goud na Egipte toe wegvoer. Dan sal hy die koning van die noorde 'n aantal jare met rus laat.
DANIËL 11:8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ook hulle gode met hulle gegote beelde en hulle kosbare voorwerpe – silwer en goud – sal hy wegvoer na Egipte; en jare lank sal hy die koning van die Noorde met rus laat.
DANIËL 11:8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hulle sal ook hulle gode, met hulle vorste en met hulle kosbare voorwerpe van silwer en goud, in ballingskap na Egipte bring; en hy sal langer bly as die koning van die Noorde.