DANIËL 11:5
DANIËL 11:5 Bybel vir almal (ABA)
“Die koning van die suide sal sterk word, maar een van sy amptenare sal nóg sterker word en hy sal oor baie mense regeer. Hy sal die koning van die noorde word.
DANIËL 11:5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die koning van die Suide sal sterk word, maar een van sy owerstes sal sterker word as hy en heers; sy heerskappy sal 'n groot heerskappy wees.
DANIËL 11:5 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Die koning van die suide sal sterk word, maar een van sy generaals sal nog sterker word as hy en sal oor 'n baie groot ryk heers.
DANIËL 11:5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ ‘Die koning van die Suide sal sterk word, maar een van sy •aanvoerders sal die oorhand oor hom kry en dan heers. Sy heerskappy sal 'n heerskappy met baie mag wees.
DANIËL 11:5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die koning van die Suide sal sterk wees, en een van sy vorste; en hy sal sterk wees bo hom en heers; sy heerskappy sal 'n groot heerskappy wees.