DANIËL 11:44
DANIËL 11:44 Bybel vir almal (ABA)
Maar dan sal hy slegte nuus kry uit die ooste en die noorde. Hy sal skrik en kwaad word en teruggaan om baie mense dood te maak.
DANIËL 11:44 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar gerugte uit die ooste en uit die noorde sal hom verskrik; daarom sal hy met groot woede uittrek om baie mense te verdelg en met die banvloek te tref.
DANIËL 11:44 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dan sal gerugte uit die ooste en die noorde hom ontstel, en hy sal woedend optrek om baie mense dood te maak en uit te roei.
DANIËL 11:44 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Gerugte uit die ooste en noorde sal hom verskrik, en hy sal met groot woede uittrek om baie te verdelg en aan volledige vernietiging oor te gee.
DANIËL 11:44 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar tyding uit die ooste en uit die noorde sal hom verskrik; daarom sal hy met groot grimmigheid uittrek om baie te vernietig en met die banvloek te tref.