DANIËL 11:31
DANIËL 11:31 Bybel vir almal (ABA)
Hy sal soldate stuur, en hulle sal die tempel ontwy. Hy sal sê die priesters mag nie meer elke dag offer nie. Hy sal iets in die tempel neersit wat vir God baie kwaad maak en wat alles verwoes.
DANIËL 11:31 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En deur hom sal leërs op die been gebring word en die heiligdom, die vesting, ontheilig, en hulle sal die voortdurende offer afskaf en die ontsettende gruwel opstel.
DANIËL 11:31 Afrikaans 1983 (AFR83)
Van die koning se troepe sal die heiligdom en die vesting ontheilig. Hulle sal die daaglikse offer afskaf en 'n ding oprig wat 'n gruwel is vir God en wat verwoesting aanrig.
DANIËL 11:31 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Strydmagte deur hom byeengebring, sal opstaan en die heiligdom, die vesting, ontheilig, die gereelde offer afskaf en die verfoeilike afgodsbeeld wat verwoesting veroorsaak, oprig.
DANIËL 11:31 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En wapens sal aan sy kant staan, en hulle sal die heiligdom van sterkte ontheilig en die daaglikse offer wegneem, en hulle sal die gruwel plaas wat verwoesting maak.