DANIËL 10:13
DANIËL 10:13 Bybel vir almal (ABA)
Die engel van die Perse het my 21 dae lank gekeer, maar 'n ander engel, Migael, het gekom en my gehelp, en ek kon toe weggaan van die Persiese konings. Migael is een van die leiers van die engele.
DANIËL 10:13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
maar die vors van die koninkryk van die Perse het een-en-twintig dae lank teenoor my gestaan, en kyk, Mígael, een van die vernaamste vorste, het gekom om my te help; en ék het daar oorgebly by die konings van Persië.
DANIËL 10:13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die engel van die Persiese Ryk het my een en twintig dae lank teruggehou, maar toe het Migael, een van die vernaamste engele, my te hulp gekom en ek was nie meer nodig teen die Persiese konings nie.
DANIËL 10:13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar die vors van die koninkryk van Persië het my een-en-twintig dae lank teengestaan. Maar kyk, Migael, een van die belangrikste vorste, het my te hulp gekom, en ek was oorbodig daar by die konings van Persië.
DANIËL 10:13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar die vors van die koninkryk van Persië het my een en twintig dae teëgestaan; maar kyk, Migael, een van die vernaamste vorste, het gekom om my te help; en ek het daar by die konings van Persië gebly.