KOLOSSENSE 4:18 - Compare All Versions

KOLOSSENSE 4:18 AFR83 (Afrikaans 1983)

Nou skrywe ek met my eie hand. Groete, Paulus. Dink aan my waar ek hier gevange sit. Die genade sal by julle wees.

KOLOSSENSE 4:18 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Die groete van Paulus, met my eie hand. Dink aan my boeie. Die genade sy met julle! Amen.

KOLOSSENSE 4:18 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

HIER IS MY GROETE IN MY EIE HANDSKRIF – VAN PAULUS. Dink aan my hier in die tronk! Mag die genade van God met julle wees.

KOLOSSENSE 4:18 DB (Die Boodskap)

Met my eie handskrif wil ek, Paulus, julle graag groet. Moet my asseblief nie vergeet waar ek hier in die tronk sit nie. Dink aan my. Mag God vir julle baie goed wees, nog meer as wat julle verdien.

KOLOSSENSE 4:18 ABA (Bybel vir almal)

Hier skryf ek, Paulus, nou self: Groete vir julle! Julle moet onthou dat ek in die tronk is en julle moet dink aan my. Ek bid dat God genadig sal wees vir julle.

KOLOSSENSE 4:18 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Dié groetwoord in my eie handskrif: Van Paulus. Dink aan my boeie. Die genade bly met julle!

KOLOSSENSE 4:18 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Die groete van Paulus met my eie hand. Onthou my boeie. Genade met jou. Amen. (Geskryf uit Rome tot Kolossense deur Tichicus en Onesimus.)