KOLOSSENSE 2:22
KOLOSSENSE 2:22 Bybel vir almal (ABA)
Dit is reëls oor dinge soos kos, en kos is later op. Dit wys dit is mense se reëls, dit is soos mense wil hê julle moet doen.
KOLOSSENSE 2:22 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
almal dinge wat deur die gebruik bestem is om te vergaan — volgens die gebooie en leringe van mense
KOLOSSENSE 2:22 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dit gaan alles oor dinge wat bedoel is om gebruik te word en te vergaan, en dit is maar net gebooie en leerstellings van mense.
KOLOSSENSE 2:22 Die Boodskap (DB)
Dit lyk amper of julle dink God self is in hierdie aardse dinge vasgevang. Intussen het bloot gewone mense al die reëls en idees uitgedink en dit “godsdiens” genoem. Daardie kos wat kamma so heilig of onheilig is dat julle dit nie eens mag eet nie, lê môre vrot op die ashoop.