AMOS 7:10
AMOS 7:10 Bybel vir almal (ABA)
Amasia was die priester van Bet-El. Hy het vir koning Jerobeam van Israel 'n boodskap gestuur en gesê: “Amos maak slegte planne teen jou. Wat hy sê, is gevaarlik vir die land.
AMOS 7:10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
TOE het Amásia, die priester van Bet-el, Jeróbeam, koning van Israel, laat weet: Amos het 'n sameswering gesmee teen u midde-in die huis van Israel; die land sal dit onder al sy woorde nie kan uithou nie.
AMOS 7:10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die priester Amasia van Bet-El het vir koning Jerobeam van Israel laat weet: “Amos is besig om hier in Israel 'n komplot teen u te smee. Die land kan dit nie uithou met alles wat hy sê nie.
AMOS 7:10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Amasia, die priester van Bet-El, het toe vir Jerobeam, die koning van Israel, laat weet: “Amos het teen u 'n komplot gesmee binne die huis van Israel. Die land sal dit nie kan uithou onder al sy woorde nie
AMOS 7:10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe het Amásia, die priester van Bet-el, na Jeróbeam, die koning van Israel, gestuur om te sê: Amos het teen jou 'n sameswering gemaak teen die huis van Israel; die land is nie in staat om al sy woorde te dra nie.