Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

HANDELINGE 9:10 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

HANDELINGE 9:10 AFR83 (Afrikaans 1983)

In Damaskus was daar 'n sekere volgeling van Jesus met die naam Ananias. Die Here het hom in 'n gesig geroep: “Ananias!” “Hier is ek, Here,” het hy geantwoord.

HANDELINGE 9:10 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En daar was 'n dissipel in Damaskus met die naam van Ananías; en die Here het vir hom in 'n gesig gesê: Ananías! En hy antwoord: Hier is ek, Here.

HANDELINGE 9:10 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Daar was ’n gelowige in Damaskus met die naam Ananias. Die Here het hom in ’n gesig geroep: “Ananias!” “Ja, Here!” het hy geantwoord.

HANDELINGE 9:10 DB (Die Boodskap)

In Damaskus was daar ’n volgeling van Jesus met die naam Ananias. Die Here het in ’n visioen met hom gaan praat: “Ananias!” “Ja, Here, hier is ek,” het hy geantwoord.

HANDELINGE 9:10 ABA (Bybel vir almal)

Daar was 'n gelowige in Damaskus. Sy naam was Ananias. Die Here het na Ananias gekom en Hy het vir hom gesê: “Ananias!” Ananias antwoord toe: “Hier is ek, Here, ek luister.”

HANDELINGE 9:10 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Daar was 'n dissipel in Damaskus met die naam Ananias. In 'n visioen het die Here vir hom gesê: “Ananias!” En hy het geantwoord: “Hier is ek, Here.”

HANDELINGE 9:10 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En daar was 'n sekere dissipel in Damaskus met die naam van Ananias; en vir hom het die Here in 'n gesig gesê: Ananías! En hy sê: Kyk, ek is hier, Here.