HANDELINGE 9:10
HANDELINGE 9:10 Bybel vir almal (ABA)
Daar was 'n gelowige in Damaskus. Sy naam was Ananias. Die Here het na Ananias gekom en Hy het vir hom gesê: “Ananias!” Ananias antwoord toe: “Hier is ek, Here, ek luister.”
HANDELINGE 9:10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En daar was 'n dissipel in Damaskus met die naam van Ananías; en die Here het vir hom in 'n gesig gesê: Ananías! En hy antwoord: Hier is ek, Here.
HANDELINGE 9:10 Afrikaans 1983 (AFR83)
In Damaskus was daar 'n sekere volgeling van Jesus met die naam Ananias. Die Here het hom in 'n gesig geroep: “Ananias!” “Hier is ek, Here,” het hy geantwoord.