Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

HANDELINGE 8:6 – Vergelyk alle weergawes

HANDELINGE 8:6 AFR83 (Afrikaans 1983)

Toe die mense hoor wat Filippus verkondig en die wonders sien wat hy doen, het hulle aandagtig na sy prediking geluister.

HANDELINGE 8:6 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En die skare het eendragtig ag gegee op die woorde van Filippus toe hulle dit hoor en die tekens sien wat hy doen.

HANDELINGE 8:6 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Toe die mense hoor wat Filippus verkondig en die wonders sien wat hy doen, het hulle aandagtig na sy boodskap geluister.

HANDELINGE 8:6 DB (Die Boodskap)

Sy kragtige preke en wonderwerke het gou die inwoners se aandag getrek.

HANDELINGE 8:6 ABA (Bybel vir almal)

Toe die mense hoor wat hy preek, en toe hulle die tekens sien wat hy doen, het hulle almal saam goed geluister na die dinge wat Filippus gesê het.

HANDELINGE 8:6 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Toe die skare Filippus se woorde hoor en die tekens sien wat hy doen, het hulle eenparig aandag gegee aan wat hy sê.

HANDELINGE 8:6 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En die volk het eendragtig ag gegee op die dinge wat Filippus gespreek het, toe hulle gehoor en die wonderwerke gesien het wat hy gedoen het.