HANDELINGE 8:18 – Vergelyk alle weergawes
HANDELINGE 8:18 AFR83 (Afrikaans 1983)
Toe Simon sien dat die mense die Gees ontvang as die apostels hulle die hande oplê, het hy hulle geld aangebied
HANDELINGE 8:18 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
En toe Simon sien dat deur die handoplegging van die apostels die Heilige Gees gegee word, het hy hulle geld aangebied
HANDELINGE 8:18 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Toe Simon sien dat die mense die Gees ontvang wanneer die apostels hulle hande op hulle sit, wou hy hierdie mag koop.
HANDELINGE 8:18 DB (Die Boodskap)
Simon het gestaan en kyk toe die apostels hulle hande op die mense geplaas het en hulle met die Heilige Gees se krag vervul is.
HANDELINGE 8:18 ABA (Bybel vir almal)
Toe Simon sien dat die apostels hulle hande op mense sit en dat die mense dan die Heilige Gees kry, wou hy vir die apostels geld gee.
HANDELINGE 8:18 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe Simon sien dat die Gees deur die handoplegging van die apostels geskenk word, het hy hulle geld aangebied
HANDELINGE 8:18 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En toe Simon sien dat deur die handoplegging van die apostels die Heilige Gees gegee is, het hy hulle geld aangebied