HANDELINGE 6:7
HANDELINGE 6:7 Die Boodskap (DB)
Die apostels se prediking het veroorsaak dat baie mense in Jerusalem volgelinge van Jesus geword het. Selfs ’n groot groep priesters het tot bekering gekom en in Hom begin glo.
HANDELINGE 6:7 Bybel vir almal (ABA)
Meer en meer mense het die boodskap van God gehoor, en die gelowiges in Jerusalem het baie meer geword. Baie priesters het ook gehoorsaam geword, hulle het gelowiges geword.
HANDELINGE 6:7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die woord van God het toegeneem, en die getal van die dissipels het in Jerusalem baie vermeerder, en 'n groot menigte van priesters het gehoorsaam geword aan die geloof.
HANDELINGE 6:7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die woord van God het verder versprei, en die getal gelowiges in Jerusalem het geweldig toegeneem. Selfs 'n groot aantal priesters het gelowig geword.
HANDELINGE 6:7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En die woord van God het versprei en die aantal dissipels in Jerusalem het aansienlik vermeerder, en 'n groot menigte priesters het aan die geloof gehoorsaam geword.
HANDELINGE 6:7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die woord van God het toegeneem; en die getal van die dissipels het in Jerusalem baie vermeerder; en 'n groot menigte van die priesters was gehoorsaam aan die geloof.