HANDELINGE 6:2 - Compare All Versions
HANDELINGE 6:2 ABA (Bybel vir almal)
Toe het die twaalf apostels al die gelowiges bymekaar laat kom. Die apostels het vir hulle gesê: “Ons, die apostels, moenie die hele dag besig wees om kos te gee vir die arm mense nie. Want dan sal ons nie genoeg tyd hê om die boodskap van God vir mense te bring nie. Dit is nie reg nie.
HANDELINGE 6:2 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
En die twaalf het die menigte van die dissipels byeengeroep en gesê: Dit is nie reg dat ons die woord van God nalaat om die tafels te bedien nie.
HANDELINGE 6:2 AFR83 (Afrikaans 1983)
Die twaalf apostels roep toe al die gelowiges bymekaar en sê vir hulle: “Dit is nie reg dat ons die verkondiging van die woord van God verwaarloos om die versorging te kan behartig nie.
HANDELINGE 6:2 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die twaalf het daarop die hele groep dissipels bymekaargeroep en gesê: “Dit is nie goed dat ons die woord van God verwaarloos om by die tafels diens te verrig nie.
HANDELINGE 6:2 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe roep die twaalf die menigte van die dissipels na hulle en sê: Dit is geen rede dat ons die woord van God moet verlaat en tafels moet bedien nie.
HANDELINGE 6:2 DB (Die Boodskap)
Toe die twaalf apostels daarvan te hore kom, het hulle ’n gemeentevergadering belê. “Dit is nie reg dat ons ons opdrag om die Woord van God uit te dra afskeep om vir die armes kos te gee nie,” het hulle vir die gelowiges gesê.
HANDELINGE 6:2 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Die Twaalf roep toe al die gelowiges bymekaar en sê vir hulle: “Ons as apostels behoort ons besig te hou met die verkondiging van die woord van God, nie met die verspreiding van kos nie.