HANDELINGE 4:7 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
HANDELINGE 4:7 AFR83 (Afrikaans 1983)
Hulle het die apostels voor hulle laat bring en hulle ondervra: “Deur watter krag en in wie se naam het julle dit gedoen?”
HANDELINGE 4:7 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
en toe hulle hul voorgebring het, vra hulle: Deur watter mag en deur watter naam het julle dit gedoen?
HANDELINGE 4:7 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Hulle het die twee apostels voor hulle laat bring en hulle onder druk gesit met die vraag: “Deur watter krag en in watter naam het julle dit reggekry?”
HANDELINGE 4:7 DB (Die Boodskap)
Toe vra hulle die apostels: “Sê vir ons, waar kry julle die krag vandaan om so ’n wonderwerk te doen? En wie het vir julle gesê om dit te doen?”
HANDELINGE 4:7 ABA (Bybel vir almal)
Hulle het vir Petrus en Johannes in die middel laat staan en het vir hulle gevra: “Wie se krag of wie se naam het julle gebruik toe julle die lam man gesond gemaak het?”
HANDELINGE 4:7 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle het •Petrus en Johannes in die middel laat staan en vir hulle gevra: “Deur watter krag of deur watter naam het julle dit gedoen?”
HANDELINGE 4:7 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En toe hulle hulle in die midde gestel het, vra hulle: Met watter krag of met watter naam het julle dit gedoen?