Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

HANDELINGE 4:27 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

HANDELINGE 4:27 AFR83 (Afrikaans 1983)

“Dit is wat werklik in hierdie stad gebeur het. Herodes en Pontius Pilatus het met heidennasies en die volk Israel saamgespan teen u heilige Dienaar, Jesus, wat deur U gesalf is

HANDELINGE 4:27 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Want waarlik, Herodes en Pontius Pilatus het saam met heidene en die volke van Israel vergader teen u heilige Kind Jesus wat U gesalf het

HANDELINGE 4:27 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

“Dit is wat hier in hierdie stad gebeur het! Herodes Antipas, Pontius Pilatus die goewerneur, die ander volke en die volk Israel het saamgespan teen Jesus, u heilige Dienaar, wat deur U toegerus is vir sy taak.

HANDELINGE 4:27 DB (Die Boodskap)

“Ons sien nou hoe Dawid se woorde hier in ons eie stad waar word. Nou die dag het Herodes en Pontius Pilatus die heidene en die Israeliete laat saamspan teen u eie Seun. Maar hulle het U nie onkant betrap nie.

HANDELINGE 4:27 ABA (Bybel vir almal)

“Want dit is wat regtig in hierdie stad gebeur het. Koning Herodes en Pontius Pilatus het saam met die heidene en die volk Israel bymekaargekom teen u heilige Dienaar Jesus. U het Hom gesalf.

HANDELINGE 4:27 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

“Want inderdaad, in hierdie stad het hulle – Herodes en Pontius •Pilatus, saam met die heidennasies en die volke van Israel – saamgespan teen u heilige Dienskneg Jesus, wat U gesalf het

HANDELINGE 4:27 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Want waarlik teen u heilige Kind Jesus, wat U gesalf het, het Herodes sowel as Pontius Pilatus, saam met die heidene en die volk Israel, vergader