HANDELINGE 4:26 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
HANDELINGE 4:26 AFR83 (Afrikaans 1983)
Die konings van die aarde het in opstand gekom, en die heersers het saamgespan teen die Here en teen sy Gesalfde.
HANDELINGE 4:26 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Die konings van die aarde het saamgestaan en die owerstes het saam vergader teen die Here en teen sy Gesalfde.
HANDELINGE 4:26 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Die konings van die aarde het hulle slaggereed gemaak; die heersers het saamgespan teen die Here en teen sy Messias.’
HANDELINGE 4:26 DB (Die Boodskap)
Al die leiers van die wêreld maak hulle reg vir oorlog, al die heersers kom staan saam. Hulle teiken is die Here self, en sy Messias.’
HANDELINGE 4:26 ABA (Bybel vir almal)
Die konings van die aarde het opstandig geword, en die mense wat regeer, het bymekaargekom en planne gemaak teen die Here en teen sy gesalfde.
HANDELINGE 4:26 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die konings van die aarde neem stelling in, en die leiers span saam teen die Here en teen sy Gesalfde.’
HANDELINGE 4:26 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die konings van die aarde het opgestaan, en die owerstes het bymekaargekom teen die Here en teen sy Christus.