HANDELINGE 4:25 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
HANDELINGE 4:25 AFR83 (Afrikaans 1983)
En U het deur die Heilige Gees by monde van ons voorvader Dawid, u dienaar, gesê: “Waarom het heidennasies te kere gegaan, en het volke sinlose planne beraam?
HANDELINGE 4:25 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
wat deur die mond van u kneg Dawid gesê het: Waarom het die nasies gewoed en die volke nietige dinge bedink?
HANDELINGE 4:25 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
U het lank gelede u dienaar, ons voorvader Dawid, deur die Heilige Gees laat sê: ‘Waarom het die nasies tekere gegaan? Waarom het die volke sinlose planne beraam?
HANDELINGE 4:25 DB (Die Boodskap)
“U Heilige Gees het vroeër deur Dawid vir ons gesê: ‘Waarom maak al die nasies so ’n groot lawaai? Waarom beraam mense sulke nuttelose planne?
HANDELINGE 4:25 ABA (Bybel vir almal)
U het met die Heilige Gees gepraat, en die Heilige Gees het met u dienaar Dawid, ons voorvader, gepraat, en toe het Dawid geskryf: “ Hoekom het die heidene geraas? Hoekom het hulle planne gemaak wat niks sal help nie?
HANDELINGE 4:25 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
wat by monde van ons vader Dawid, u dienskneg, deur die Heilige Gees gesê het: “ ‘Waarom gaan die heidennasies tekere, en bedink die volke nietige dinge?
HANDELINGE 4:25 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Wie het deur die mond van u kneg Dawid gesê: Waarom het die heidene woedend gemaak en het die volk nietige dinge voorgestel?