HANDELINGE 24:21
HANDELINGE 24:21 Bybel vir almal (ABA)
Miskien is daar een ding wat ek gesê het wat hulle dink is verkeerd. Ek het een ding geskree en gesê toe ek voor hulle gestaan het. Ek het gesê: ‘God sal mense wat gesterf het, weer laat lewe. Dit is hoekom ek vandag hier is, en dit is hoekom julle my moet oordeel.’ ”
HANDELINGE 24:21 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
behalwe oor hierdie een woord wat ek uitgeroep het terwyl ek onder hulle gestaan het, naamlik: Oor die opstanding van die dode staan ek vandag by u voor die gereg!
HANDELINGE 24:21 Afrikaans 1983 (AFR83)
Al wat ek daar vir hulle gesê het, was: Ek staan vandag hier voor julle tereg omdat ek aan die opstanding van die dooies glo.”
HANDELINGE 24:21 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
behalwe as dit gaan oor hierdie een ding wat ek uitgeroep het toe ek tussen hulle gestaan het, ‘Ek staan vandag voor julle tereg oor die opstanding van die dooies!’ ”
HANDELINGE 24:21 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Behalwe vir hierdie een stem, het ek geroep terwyl ek tussen hulle staan: Aangaande die opstanding van die dooies word ek vandag deur julle in twyfel getrek.