HANDELINGE 24:10-15
HANDELINGE 24:10-15 Bybel vir almal (ABA)
Die goewerneur het vir Paulus gewys dat hy mag praat. Paulus het vir hom gesê: “Ek weet jy is baie jare lank regter oor hierdie volk. Daarom wil ek graag vir jou sê dat ek onskuldig is. “Omtrent twaalf dae gelede het ek na Jerusalem gegaan om te aanbid. Toe die Jode my in die tempel gekry het, was ek nie besig om met iemand te stry nie. Ek het ook nie mense opstandig gemaak nie, nie in die sinagoges nie, en ook nie op ander plekke in die stad Jerusalem nie. Hulle sê nou dinge teen my, maar hulle kan dit nie bewys nie. “Maar een ding is waar, ek is een van die mense wat behoort aan ‘ Die Pad.’ Die Jode sê ons is 'n groep mense wat verkeerde dinge glo. Ek aanbid die God van ons voorvaders en ek glo alles wat in die Wette van Moses geskryf is en alles wat die profete geskryf het. Ek glo en weet dat God die mense wat gesterf het, weer sal laat lewe, die mense wat reg gedoen het en ook die mense wat verkeerd gedoen het. Die Jode glo dit ook.
HANDELINGE 24:10-15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En nadat die goewerneur vir hom gewink het om te praat, het Paulus geantwoord: Omdat ek weet dat u oor hierdie volk al baie jare lank regter is, verdedig ek my saak met goeie moed, aangesien u te wete kan kom dat dit nie meer as twaalf dae is vandat ek opgegaan het om in Jerusalem te aanbid nie. En hulle het my nie in die tempel gevind, besig om met iemand te praat of 'n opstand van die volk te verwek nie, en ook nie in die sinagoges of in die stad nie. En hulle kan ook die dinge waarvan hulle my nou beskuldig, nie bewys nie. Maar dit erken ek voor u dat ek volgens die Weg wat hulle sekte noem, so die God van my vaders dien, terwyl ek alles glo wat in die wet en in die profete geskrywe is, en 'n hoop op God het, 'n hoop wat hulle self ook verwag, dat daar 'n opstanding sal wees van die dode, regverdiges sowel as onregverdiges.
HANDELINGE 24:10-15 Afrikaans 1983 (AFR83)
Op 'n teken van die goewerneur het Paulus begin praat: “Ek weet dat u al jare lank hierdie mense se regter is. Daarom verdedig ek my saak voor u met vertroue. “U kan self vasstel dat ek maar sowat twaalf dae gelede in Jerusalem aangekom het om daar te aanbid. Niemand het my in die tempel of in die sinagoges of êrens in die stad gekry dat ek met iemand gestry of die skare tot oproer aangehits het nie. Die beskuldigings wat hulle nou teen my inbring, kan hulle ook nie vir u bewys nie. “Dit erken ek wel voor u: Ek dien die God van my voorvaders volgens die leer van Christus wat hulle 'n dwaalrigting noem. Ek glo nog steeds alles wat in die wet en die profete geskrywe staan. Ek het my hoop op God gestel, en net soos hulle verwag ek dat alle mense, goeies en slegtes, uit die dood sal opstaan.
HANDELINGE 24:10-15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe die prokurator vir Paulus die teken gee dat hy mag praat, het hy geantwoord: “Omdat ek weet dat u al baie jare as regter optree oor hierdie volk, verdedig ek my saak met graagte. U kan u daarvan vergewis dat ek skaars twaalf dae gelede opgegaan het om in Jerusalem te aanbid. Hulle het my nie op die tempelterrein gevind waar ek besig was om met iemand te redeneer, of om 'n oproer onder die volk te veroorsaak in die •sinagoges of iewers in die stad nie. Hulle kan ook nie die dinge waarvan hulle my nou aankla, voor u bewys nie. Dit erken ek egter voor u: dat ek die God van ons voorvaders dien ooreenkomstig die Weg, waarna hulle as 'n sekte verwys. Ek glo alles wat volgens die Wet is en in die Profete geskryf staan. Ek vestig dieselfde hoop op God as waaraan hierdie mense ook vashou, naamlik dat daar 'n opstanding van die •regverdiges en ook die onregverdiges sal wees.
HANDELINGE 24:10-15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe antwoord Paulus, nadat die goewerneur hom beduie het om te praat: Aangesien ek weet dat jy al jare lank 'n regter vir hierdie nasie was, antwoord ek vir myself des te meer blymoedig: Omdat jy kan verstaan dat daar nog net twaalf dae is vandat ek na Jerusalem opgegaan het om te aanbid. En hulle het My ook nie in die tempel gevind terwyl ek met iemand stry en die volk nie opgewek het nie, ook nie in die sinagoges of in die stad nie. Hulle kan ook nie die dinge bewys waarvan hulle my nou beskuldig nie. Maar dit bely ek vir jou dat ek volgens die weg wat hulle dwaalleer noem, die God van my vaders so aanbid deur alles te glo wat in die wet en in die profete geskrywe is. En hoop op God, wat hulle self ook toelaat, dat daar 'n opstanding sal wees van die dooies, van regverdiges sowel as onregverdiges.
HANDELINGE 24:10-15 Die Boodskap (DB)
Die goewerneur het met sy hand vir Paulus beduie dat dit nou sy beurt was om te praat. Paulus het toe gesê: “Ek weet dat u reeds baie jare oor ons regeer. Daarom is ek baie bly dat ek my saak voor u kan stel. Ek het skaars twaalf dae gelede in Jerusalem aangekom. Ek wou God daar gaan aanbid. Dis al. Niemand kan my daarvan beskuldig dat ek met een enkele persoon in die tempel gestry of dat ek ’n opstand onder die mense veroorsaak het nie. Ek het ook nie in een van die sinagoges of iewers op straat amok gaan maak nie. Ek sê weer: nie een van die beskuldigings wat hierdie mense teen my ingebring het, kan bewys word nie. “My aanklaers is wel reg op een punt: dat ek ’n lid is van daardie beweging van Christus wat hulle ’n sekte noem. Maar ek moet dadelik bysê dat ek nog steeds dieselfde God dien as wat my voorouers gedien het. Ek glo alles wat in ons Heilige Skrif staan. “En ek glo ook, net soos my voorouers,dat God eendag al die dooies sal laat opstaan, goed en sleg. “Daarom luister ek na wat God sê.
HANDELINGE 24:10-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Op ’n teken van die goewerneur aan Paulus dat hy moet praat, het hy hom begin verweer: “Ek weet dat u al jare lange ervaring het van regspreek oor Joodse sake. Daarom stel ek my verweer met hoë verwagting. U kan self agterkom dat ek nie meer as twaalf dae gelede in Jerusalem aangekom het om by die tempel te aanbid nie. Verder het niemand my in die tempel gekry dat ek met iemand stry, of dat ek in die sinagoges of in die stad betogings organiseer nie. Dit waarvan hulle my nou beskuldig, kan hulle ook nie vir u bewys nie. “Dít erken ek egter wel voor u: Die God van my voorvaders dien ek volgens ‘Die Pad’; hulle noem ons ’n splintergroep. Ek handhaaf alles wat in die wet voorgeskryf is en in die profeteboeke geskryf staan. Ek het my hoop op God gestel – iets wat hulle self ook verwag – dat God die opstanding van die goeies en die slegtes gaan laat plaasvind.