HANDELINGE 23:11
HANDELINGE 23:11 Die Boodskap (DB)
Daardie nag het die Here aan Paulus verskyn en vir hom gesê: “Moenie moedeloos word nie. Jy was ’n goeie getuie vir My hier in Jerusalem. Jy sal dit ook nog in Rome doen.”
HANDELINGE 23:11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Daardie nag het die Here by Paulus gestaan en vir hom gesê: “Hou moed! Net soos jy hier in Jerusalem oor My getuig het, só moet jy ook in Rome doen.”
HANDELINGE 23:11 Bybel vir almal (ABA)
Daardie nag het die Here by Paulus kom staan en Hy het vir Paulus gesê: “Jy moenie moedeloos word nie! Jy het nou vir die mense in Jerusalem van My vertel. So moet jy ook vir die mense in Rome van My gaan vertel.”
HANDELINGE 23:11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die volgende nag het die Here by hom gestaan en gesê: Hou goeie moed, Paulus, want soos jy aangaande My in Jerusalem kragtig getuig het, so moet jy in Rome ook getuig.
HANDELINGE 23:11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daardie nag het die Here by Paulus gestaan en vir hom gesê: “Hou moed! Hier in Jerusalem het jy vir My getuig. So moet jy dit in Rome ook nog doen.”
HANDELINGE 23:11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daardie nag het die Here by Paulus kom staan en gesê: “Hou moed! Want net soos jy in Jerusalem oor My getuig het, so moet jy ook in Rome getuig. ”
HANDELINGE 23:11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die volgende nag het die Here by hom gestaan en gesê: Hou goeie moed, Paulus, want soos jy in Jerusalem van My getuig het, so moet jy ook in Rome getuig.