HANDELINGE 23:1
HANDELINGE 23:1 Bybel vir almal (ABA)
Paulus het reguit na die Joodse Raad gekyk en hy het vir hulle gesê: “Vriende, ek praat die waarheid, ek weet dat ek tot vandag toe heeltemal reg gelewe het, ek het gelewe soos God wil hê 'n mens moet lewe.”
HANDELINGE 23:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN Paulus het die oë op die Raad gehou en gesê: Broeders, ek het met 'n volkome goeie gewete voor God gewandel tot op hierdie dag.
HANDELINGE 23:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Paulus het die lede van die Joodse Raad vierkantig in die oë gekyk en gesê: “Broers, ek het heeltemal 'n skoon gewete oor hoe ek tot vandag toe my lewe in diens van God gelei het.”
HANDELINGE 23:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Paulus het stip na die Sanhedrin gekyk en gesê: “Manne, broers, ek het tot op hierdie dag met 'n absoluut skoon gewete voor God geleef. ”
HANDELINGE 23:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Paulus het die Raad ernstig aanskou en gesê: Broeders, ek het met 'n goeie gewete voor God gelewe tot vandag toe.