HANDELINGE 22:28 – Vergelyk alle weergawes
HANDELINGE 22:28 AFR83 (Afrikaans 1983)
Toe sê die kommandant: “Ek het 'n groot som geld betaal om die burgerreg te verkry.” En Paulus sê: “Maar ek het dit deur geboorte gekry.”
HANDELINGE 22:28 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Toe sê die owerste oor duisend: Ek het hierdie burgerreg vir 'n groot som verkry! En Paulus sê vir hom: Maar ek het dit deur geboorte.
HANDELINGE 22:28 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
“Ek is ook een,” het die offisier oor duisend man gereageer, “en hierdie burgerreg het my ’n klomp geld gekos!” “Maar ék is as ’n burger gebore!” het Paulus gesê.
HANDELINGE 22:28 DB (Die Boodskap)
“Ja!” het Paulus geantwoord. “Wel, ek is ook ’n Romeinse burger,” het die bevelvoerder gesê. “Ek het dit vir ’n groot bedrag geld gekoop.”
HANDELINGE 22:28 ABA (Bybel vir almal)
Die hoof-offisier het vir Paulus gesê: “Ek moes baie geld betaal om 'n Romeinse burger te word.” Maar Paulus het gesê: “Ek is 'n Romeinse burger vandat ek gebore is.”
HANDELINGE 22:28 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe sê die chiliarg: “Ek het hierdie burgerskap teen 'n groot som geld bekom.” Daarop antwoord Paulus: “En ek deur geboorte.”
HANDELINGE 22:28 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die owerste owerste het geantwoord: Met 'n groot bedrag het ek hierdie vryheid verkry. En Paulus sê: Maar ek is vrygebore.