HANDELINGE 2:25-28
HANDELINGE 2:25-28 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want Dawid sê van Hom: Ek het die Here altyddeur voor My gesien, want Hy is aan my regterhand, dat Ek nie sou wankel nie. Daarom is my hart bly en my tong juig, ja, ook sal my vlees nog rus in hoop. Want U sal my siel nie aan die doderyk oorlaat of u Heilige oorgee om verderwing te sien nie. U het My die weë van die lewe bekend gemaak, U sal My vervul met vreugde by u aangesig.
HANDELINGE 2:25-28 Bybel vir almal (ABA)
Dawid het dinge gesê oor homself, maar hy het dit ook oor Jesus gesê. Dawid het gesê: “ Ek het die Here altyd voor my gesien, want Hy is hier regs langs my sodat ek nie val nie. Daarom was my hart bly en was my tong baie bly. Ja, ek hoop en ek is seker dat my liggaam sal lewe. Want U sal nie vir my na die doderyk laat gaan nie. Ek is aan U gewy, U sal my nie laat sterf nie. U het vir my geleer hoe om te lewe, ek sal altyd bly wees wanneer U by my is.
HANDELINGE 2:25-28 Afrikaans 1983 (AFR83)
Van Hom sê Dawid: “Ek het die Here altyd voor oë. Hy is aan my regterhand; ek sal nie wankel nie. Daarom is my hart bly en my tong jubel, ja meer, ek het die verwagting dat my liggaam sal lewe, want U sal my nie aan die doderyk oorlaat nie; U sal nie toelaat dat u troue dienaar vergaan nie. U het my die paaie van die lewe geleer; u teenwoordigheid sal my met vreugde vul.
HANDELINGE 2:25-28 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dawid sê immers oor Hom: “ ‘Ek het die Here altyddeur voor my gesien, want Hy is aan my regterkant, sodat ek nie wankel nie. Daarom juig my hart en jubel my tong; ja, ook my liggaam sal in hoop voortleef, want U sal my siel nie aan Hades oorlaat, en u Heilige nie ontbinding laat beleef nie. U het vir my die paaie na die lewe bekend gemaak – deur u teenwoordigheid sal U my met blydskap vervul.’
HANDELINGE 2:25-28 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want Dawid spreek van hom: Ek het die Here altyd voor my aangesig gesien, want Hy is aan my regterhand, sodat ek nie sou wankel nie. Daarom was my hart bly, en my tong was bly; ook sal my vlees rus in hoop: Omdat U my siel nie in die hel sal laat nie, en U Heilige nie sal toelaat om verderwing te sien nie. U het my die weë van die lewe bekend gemaak; jy sal my vol vreugde maak met jou aangesig.
HANDELINGE 2:25-28 Die Boodskap (DB)
Hoor wat Dawid oor Jesus geskryf het: ‘Die Here is elke tree van die pad by my. Daarom kan ek niks oorkom nie. My lewe loop oor van vreugde. Ek vertel vir almal hoe goed die Here is. Nie eens die dood kan my meer bangmaak nie, want U sal nooit toelaat dat die kloue van die dood my vir altyd vashou nie. U sal nooit u eie kind, u oogappel, daar in die doderyk laat vergaan nie. U stap heeltyd saam met my op die pad wat na die lewe toe lei. Ek jubel daaroor.’
HANDELINGE 2:25-28 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Koning Dawid het die volgende van Hom gesê: ‘Ek het die Here altyd by my gesien. Niks en niemand sal my laat wankel nie, want Hy is hier reg by my. Dis hoekom my hart bly is, en my tong jubel! Ja, nog meer: omdat ek hoop het, leef ek rustig. Ek weet U sal my gees nie in Hades agterlaat nie of toelaat dat u Heilige in die graf vergaan nie. U het my die paaie geleer wat na die lewe lei, U sal my bly maak met u teenwoordigheid.’