HANDELINGE 2:20
HANDELINGE 2:20 Die Boodskap (DB)
Bloed en vuur en donker rook sal hemel en aarde vul. Ek sal die son pikswart maak, en die maan so rooi soos bloed. ‘Al hierdie dinge sal gebeur kort voordat die groot dag van die Here aanbreek; daardie dag waarop Hy na die wêreld toe terugkom.
HANDELINGE 2:20 Bybel vir almal (ABA)
Die son sal heeltemal donker word, en die maan sal word soos bloed. Dan sal die groot en belangrike dag van die Here kom.
HANDELINGE 2:20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die son sal verander in duisternis en die maan in bloed voordat die groot en deurlugtige dag van die Here kom.
HANDELINGE 2:20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die son sal pikdonker word en die maan bloedrooi voordat die groot en glorieryke dag van die Here kom.
HANDELINGE 2:20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die son sal verander in duisternis en die maan in bloed, voordat die groot en glorieryke dag van die Here kom.