HANDELINGE 15:8 - Compare All Versions

HANDELINGE 15:8 ABA (Bybel vir almal)

God weet hoe 'n mens se hart regtig is. God het vir die heidene wat begin glo het, die Heilige Gees gegee, soos Hy voorheen die Heilige Gees ook vir ons gegee het. So het God vir die mense gewys dat dit Hý is wat werk.

HANDELINGE 15:8 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En God wat die harte ken, het vir hulle getuienis gegee deur aan hulle die Heilige Gees te skenk net soos aan ons.

HANDELINGE 15:8 AFR83 (Afrikaans 1983)

En God, wat die harte ken, het dit bevestig deur die Heilige Gees aan hulle te gee net soos aan ons.

HANDELINGE 15:8 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

En God, die kenner van harte, het dit bevestig deurdat Hy die Heilige Gees aan hulle, net soos aan ons, geskenk het.

HANDELINGE 15:8 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En God, wat die harte ken, het vir hulle getuig en aan hulle die Heilige Gees gegee, net soos Hy aan ons gedoen het

HANDELINGE 15:8 DB (Die Boodskap)

God, wat tot in ons binneste kan kyk, het gesien dat hulle regtig tot geloof gekom het. Daarom het Hy die Heilige Gees na hulle toe gestuur, net soos Hy vroeër met ons gedoen het.

HANDELINGE 15:8 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

En God, wat die harte ken, het bevestig dat die Goeie Nuus ook vir nie-Jode bedoel is deur aan hulle die Heilige Gees te gee net soos aan ons.