HANDELINGE 15:7 - Compare All Versions

HANDELINGE 15:7 ABA (Bybel vir almal)

Nadat hulle baie met mekaar hieroor gestry het, het Petrus opgestaan en vir hulle gesê: “Vriende, julle weet dat God lank gelede vir my gekies het om die goeie boodskap te bring sodat die heidene dit kan hoor en kan begin glo in die Here.

HANDELINGE 15:7 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En toe daar 'n groot woordewisseling plaasvind, het Petrus opgestaan en vir hulle gesê: Broeders, julle weet dat God lank gelede onder ons verkies het dat die heidene deur my mond die woord van die evangelie sal hoor en gelowig word.

HANDELINGE 15:7 AFR83 (Afrikaans 1983)

Na 'n lang bespreking het Petrus opgestaan en vir hulle gesê: “Broers, julle weet dat God my lankal uit julle geledere gekies het om die evangelie aan die heidennasies te verkondig sodat hulle kan glo.

HANDELINGE 15:7 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Toe 'n hewige woordestryd ontstaan, het •Petrus opgestaan en vir hulle gesê: “Broers, julle weet dat God my al van die vroeë dae af onder julle uitgekies het, sodat die heidene deur my prediking die boodskap van die evangelie hoor en tot geloof kom.

HANDELINGE 15:7 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En toe daar baie twis was, het Petrus opgestaan en vir hulle gesê: Manne en broeders, julle weet dat God lank gelede onder ons gekies het dat die heidene deur my mond die woord van die evangelie sou hoor, en glo.

HANDELINGE 15:7 DB (Die Boodskap)

By dié vergadering het die een persoon na die ander gesê hoe hy oor die besnydenis dink. Uiteindelik, na lang debatte, het Petrus opgestaan en gesê: “Broers, julle weet mos hoe God my ’n ruk gelede na mense toe gestuur het wat nie Jode is nie. Ek moes die goeie nuus oor Jesus aan hulle gaan vertel sodat hulle ook tot bekering kon kom.

HANDELINGE 15:7 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Na ’n lang bespreking het Petrus opgestaan en vir hulle gesê: “Geagte broers, julle weet dat God my van die vroeë dae af al uit julle geledere gekies het om deur my prediking die nie-Jode die Goeie Nuus te laat hoor en tot geloof te laat kom.