Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

HANDELINGE 14:26 – Vergelyk alle weergawes

HANDELINGE 14:26 AFR83 (Afrikaans 1983)

Daarvandaan is hulle met 'n skip terug na Antiogië toe, waar hulle aan die genade van God opgedra was vir die werk wat hulle nou voltooi het.

HANDELINGE 14:26 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En daarvandaan het hulle weggevaar na Antiochíë, waar hulle aan die genade van God opgedra was vir die werk wat hulle volbring het.

HANDELINGE 14:26 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Daarvandaan het hulle na Antiogië in Sirië gevaar waar hulle aanvanklik aan die genade van God opgedra was vir die werk wat hulle nou voltooi het.

HANDELINGE 14:26 DB (Die Boodskap)

Dit was in Antiogië waar Paulus-hulle vroeër met hulle sendingwerk begin het. Daar is Paulus en Barnabas ’n ruk vantevore deur die gelowiges aan die Here se sorg toevertrou. Nou was hulle op pad terug daarheen nadat hulle alles gedoen het wat God vir hulle gesê het om te doen.

HANDELINGE 14:26 ABA (Bybel vir almal)

Hulle het van daar met 'n skip weer teruggegaan na die stad Antiogië in die provinsie Sirië. Dit is daar waar die mense tot God gebid het dat Hy vir Barnabas en Paulus genadig moet wees, sodat Paulus en Barnabas die werk kon doen, die werk wat hulle nou klaargemaak het.

HANDELINGE 14:26 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

en daarvandaan gevaar na Antiogië, waar hulle vroeër aan die genade van God opgedra is vir die werk wat hulle nou voltooi het.

HANDELINGE 14:26 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En daarvandaan het hulle na Antiogië gevaar, vanwaar hulle aan die genade van God aanbeveel is vir die werk wat hulle volbring het.