HANDELINGE 14:2 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
HANDELINGE 14:2 AFR83 (Afrikaans 1983)
Maar die Jode wat nie die boodskap wou aanneem nie, het die gemoedere van die heidene opgesweep en hulle teen die gelowiges aangehits.
HANDELINGE 14:2 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Maar die ongehoorsame Jode het die gemoedere van die heidene teen die broeders opgehits en verbitter.
HANDELINGE 14:2 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Maar die Jode wat nie oortuig geraak het nie, het die gemoedere van die nie-Jode opgesweep en hulle teen die gelowiges aangehits.
HANDELINGE 14:2 DB (Die Boodskap)
Die Jode wat geweier het om in Jesus te glo, was baie ontevrede daaroor. Hulle het begin om die res van die stad se inwoners teen hulle op te steek sodat almal baie agterdogtig teenoor hulle was.
HANDELINGE 14:2 ABA (Bybel vir almal)
Maar die Jode wat nie in Jesus wou glo nie, het vir die heidene slegte dinge van die gelowiges vertel en die heidene het vyande geword van die gelowiges.
HANDELINGE 14:2 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar die ongelowige Jode het die heidene opgesweep en hulle gemoedere vergiftig teen die broers.
HANDELINGE 14:2 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar die ongelowige Jode het die heidene aangehits en hulle verstand sleg gemaak teen die broeders.