HANDELINGE 14:14 – Vergelyk alle weergawes
HANDELINGE 14:14 AFR83 (Afrikaans 1983)
Toe die apostels, Barnabas en Paulus, daarvan hoor, het hulle hulle klere geskeur en tussen die mense ingespring en geskreeu
HANDELINGE 14:14 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Maar toe die apostels, Bárnabas en Paulus, dit hoor, het hulle hul klere geskeur en onder die skare ingespring en geroep
HANDELINGE 14:14 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Toe die apostels Barnabas en Paulus daarvan hoor, het hulle hulle klere geskeur en tussen die skare ingespring en geskreeu
HANDELINGE 14:14 DB (Die Boodskap)
Toe die Here se twee apostels sien wat besig was om te gebeur, was hulle baie geskok. Hulle het hulle klere van ontsteltenis geskeur en dadelik na die skare toe gehardloop.
HANDELINGE 14:14 ABA (Bybel vir almal)
Toe die apostels, Barnabas en Paulus, dit hoor, het hulle hulle klere geskeur. Hulle het uitgehardloop na die mense toe en het vir hulle geskree en gesê
HANDELINGE 14:14 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe die •apostels Barnabas en Paulus daarvan hoor, het hulle hulle klere geskeur, tussen die skare ingespring en geskreeu
HANDELINGE 14:14 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En toe die apostels, Barnabas en Paulus, daarvan hoor, het hulle hul klere geskeur en tussen die mense in gehardloop en uitgeroep