HANDELINGE 14:1 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
HANDELINGE 14:1 AFR83 (Afrikaans 1983)
In Ikonium het Paulus en Barnabas op dieselfde manier opgetree. Hulle het weer na die Joodse sinagoge toe gegaan en daar gepreek, met die gevolg dat 'n groot aantal Jode en Grieke gelowig geword het.
HANDELINGE 14:1 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
EN op dieselfde wyse het hulle in Ikónium in die sinagoge van die Jode ingegaan en so gespreek dat 'n groot menigte Jode sowel as Grieke gelowig geword het.
HANDELINGE 14:1 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
In Ikonium het dit ook so gegaan. Paulus en Barnabas het weer die Joodse sinagoge binnegegaan en daar gepreek, en ’n groot aantal Jode en Grieke het gelowig geword.
HANDELINGE 14:1 DB (Die Boodskap)
Toe Paulus en Barnabas in Ikonium aankom, het hulle na die Joodse aanbiddingsplek toe gegaan en daar met die mense oor Jesus begin praat. ’n Groot klomp Jode en nie-Jode het toe tot bekering gekom en in Jesus begin glo.
HANDELINGE 14:1 ABA (Bybel vir almal)
Paulus en Barnabas het in die stad Ikonium dieselfde gedoen wat hulle in Antiogië gedoen het. Hulle het na die sinagoge van die Jode gegaan. Daar het Paulus en Barnabas baie oor Jesus gepraat en baie Jode en Grieke het in Jesus begin glo.
HANDELINGE 14:1 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
In Ikonium het dit op dieselfde manier gebeur: Hulle het die Joodse •sinagoge binnegegaan en so gepreek dat 'n groot aantal Jode en Grieke gelowig geword het.
HANDELINGE 14:1 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En dit het gebeur in Ikonium dat hulle altwee saam in die sinagoge van die Jode ingegaan het, en so gespreek het, dat 'n groot menigte Jode as ook Grieke gelowiges geword het.