HANDELINGE 13:2
HANDELINGE 13:2 Bybel vir almal (ABA)
Terwyl hulle besig was om die Here te dien en te vas, het die Heilige Gees vir hulle gesê: “Ek het vir Barnabas en Saulus gekies om werk vir My te doen, julle moet nou vir hulle aanstel om die werk te gaan doen.”
HANDELINGE 13:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En terwyl hulle besig was om die Here te dien en te vas, het die Heilige Gees gesê: Sonder nou Bárnabas en Saulus vir My af vir die werk waarvoor Ek hulle geroep het.
HANDELINGE 13:2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe hulle op 'n keer bymekaar was om die Here te dien en om te vas, het die Heilige Gees gesê: “Sonder Barnabas en Saulus vir My af om die werk te doen waarvoor Ek hulle geroep het.”
HANDELINGE 13:2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe hulle besig was om die Here te dien en te vas, het die Heilige Gees vir hulle gesê: “Sonder Barnabas en Saulus vir My af vir die werk waartoe Ek hulle geroep het.”
HANDELINGE 13:2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Terwyl hulle die Here dien en vas, het die Heilige Gees gesê: Skei Barnabas en Saulus vir My af vir die werk waartoe Ek hulle geroep het.