HANDELINGE 13:17-19
HANDELINGE 13:17-19 Bybel vir almal (ABA)
Die God van hierdie volk Israel het ons voorouers gekies, en toe hulle vreemdelinge in die land Egipte was, het Hy die volk baie meer laat word. Hy het gewys hoe sterk Hy is en Hy het die volk Israel uitgelei uit Egipte. God was omtrent 40 jaar lank baie geduldig met hulle in die woestyn. Toe het God sewe volke in die land Kanaän verwoes en Hy het die land vir die Israeliete gegee om hulle land te wees
HANDELINGE 13:17-19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die God van hierdie volk Israel het ons vaders uitverkies en die volk verhoog toe hulle bywoners in Egipteland was, en met 'n hoë arm hulle daaruit gelei. En omtrent veertig jaar lank het Hy hulle in die woestyn verdra. En sewe nasies het Hy in die land Kanaän uitgeroei en hulle land deur die lot aan hulle uitgedeel.
HANDELINGE 13:17-19 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die God van hierdie volk Israel het ons voorvaders uitgekies en hulle 'n groot volk gemaak toe hulle as vreemdelinge in Egipte gewoon het. Hy het hulle deur sy groot mag daarvandaan uitgelei en hulle in die woestyn ongeveer veertig jaar lank geduldig verdra. Daarna het Hy sewe nasies in die land Kanaän uitgewis en hulle land aan die Israeliete gegee.
HANDELINGE 13:17-19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die God van hierdie volk Israel het ons voorouers uitverkies, en het hulle tydens hulle verblyf as •vreemdelinge in Egipteland tot 'n volk verhef, hulle met 'n uitgestrekte arm daar uitgelei, en hulle ongeveer veertig jaar lank in die woestyn verduur. In die land Kanaän het Hy sewe nasies uitgedelg en hulle land as erfdeel aan ons voorouers gegee.
HANDELINGE 13:17-19 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die God van hierdie volk Israel het ons vaders uitverkies en die volk verhoog toe hulle as vreemdelinge in Egipteland gewoon het, en Hy het hulle met 'n hoë arm daaruit uitgelei. En omtrent die tyd van veertig jaar het Hy hulle maniere in die woestyn toegelaat. En nadat hy sewe nasies in die land Kanaän vernietig het, het hy hulle land deur die lot aan hulle verdeel.
HANDELINGE 13:17-19 Die Boodskap (DB)
God het ons voorvaders baie jammer gekry. Daarom het Hy hulle as sy volk uitgekies. Toe hulle nog slawe en vreemdelinge in Egipte was, het Hy hulle daar gaan uithaal en van hulle ’n groot volk gemaak. Veertig jaar lank het Hy vir hulle in die woestyn gesorg. Daarna het Hy sewe volke in Kanaän vernietig en hulle grond aan ons voorouers gegee.
HANDELINGE 13:17-19 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Die God van hierdie volk Israel het ons voorgeslag uitgekies en hulle voorspoedig gemaak toe hulle in Egipte as uitlanders gewoon het. Hy het hulle kragtig daarvandaan uitgelei. Hy het hulle in die woestyn ongeveer 40 jaar lank geduldig verdra. Daarna het Hy sewe nasies in Kanaän uitgewis en hulle land as erfporsie aan die Israeliete gegee.