Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

HANDELINGE 12:18 – Vergelyk alle weergawes

HANDELINGE 12:18 AFR83 (Afrikaans 1983)

Toe dit dag word, was die soldate nie min ontsteld oor wat van Petrus geword het nie.

HANDELINGE 12:18 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En toe dit dag geword het, was daar onder die soldate geen kleine opskudding oor wat van Petrus geword het nie.

HANDELINGE 12:18 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Toe dit dag word, was daar groot ontsteltenis onder die soldate oor wat van Petrus geword het.

HANDELINGE 12:18 DB (Die Boodskap)

Die volgende dag was daar chaos onder die soldate wat Petrus opgepas het. Hulle kon nie verklaar hoe hy so spoorloos kon verdwyn nie.

HANDELINGE 12:18 ABA (Bybel vir almal)

Die volgende dag was die soldate baie geskok en ontsteld oor wat met Petrus gebeur het.

HANDELINGE 12:18 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Teen dagbreek was daar onder die soldate geen geringe opskudding oor wat dan van Petrus geword het nie.

HANDELINGE 12:18 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En toe dit dag geword het, was daar geen geringe beroering onder die soldate, wat van Petrus geword het nie.